Ons Trou

Tinus & Gérika

ONTHOU DIE DATUM

Saterdag, 04 Oktober 2025

Ons Troudag – Kom vier ons Huwelik saam met ons:​

Jy word hartlik uitgenooi om hierdie spesiale dag saam met ons te vier, waar ons ons liefde vier en ons lewens saam begin. Kom deel in die vreugde en maak hierdie dag nóg meer onvergeetlik met jou teenwoordigheid!

Gérika Prinsloo

Ons almal droom van die perfekte persoon wat by ons moet pas. Ek weet nie wat ek gedoen het om dit en nog meer te verdien nie. Ek kan nie wag tot ons spesiale dag, want dan kan ek offisieel elke dag spog en sê jy is my vrou.

Gérika & Tinus 4

Tinus Nel

Jy is my koue Sterri Stumpie op ‘n warm dag, my warm drukkie in die koue winter, my sambreel in die reën, en my lente na ‘n lang winter. Met jou wil ek ons drome bou, saam lag tot laat in die nag en ‘n liefde koester wat elke dag sterker groei.

En as ek die dag my hand in joune sit, sal ek my pad kaarte bere met die wete: my reise opsoek na jou is verby

Antjie Krog

Ons Liefdesverhaal

Ons Het Ontmoet

Tinus sal elke dag dankbaar wees vir Gérika se vriendinne wat haar daardie aand uitgesleep het. Op 5 September 2019 was daar regtig niks spesiaal aan daardie Donderdag nie – totdat hy haar aan die oorkant van die pooltafel sien staan het. Hy kon homself nie kry om op te hou staar nie. Hy het net vir homself gesê hy moet ten minste een keer saam met haar dans en net een keer haar stem hoor.

Ons het Verlief Geraak

Ons het verlief geraak op die mees onverwagsste manier – nie deur groot gebare of perfekte oomblikke nie, maar in die klein, eenvoudige dinge. Aanvanklik het ons albei met oortuiging gesê: “Ons is net vriende,” maar ons familie en vriende het lankal geweet daar is iets meer. Ons gedeelde oomblikke, gevul met Sterri Stumpies, Scrabble-speletjies en natuurlik pool – die speletjie wat ons bymekaar gebring het – het ons nader aan mekaar getrek. Ons liefde het gegroei soos die eerste sonstrale van die dag: stadig, maar tog seker en warm, tot dit ‘n storie van ware sielsmaatskap geword het.

Die Groot Vraag

Ons liefdesverhaal het soos ‘n sprokie ontvou op die aand van ons “groot vraag.” Met die sonsak wat oor die horison verdwyn en die eerste sterretjies wat begin flikker, was die atmosfeer magies. Fairy lights het die dek in sagte, romantiese lig gehul – perfek vir Gérika, wat gaande daaroor is. Tinus het stil en skelm beplan om die perfekte oomblik te skep, op die presiese anniversary van die dag, drie jaar gelede, toe hy haar uitgevra het. Gérika is geblinddoek en deur Tinus se sussie na die dek gelei, waar kerse geflikker het en Tinus op sy knieg gewag het.

Bykomende Inligting

Selekteer vir meer besonderhede oor die geleentheid, insluitend alles wat jy in 'n oogopslag moet weet!

Akkommodasie

Verken 'n verskeidenheid nabygeleë verblyfopsies

Kinders

Ongelukkig geen
kinders

Klere drag

Slegs
Semi–Formeel

Rook

Rook, vape en hubbly bubbly is verbode in venue, gebruik aangewese rookareas

Metgesel

Metgesel slegs per
formele uitnodiging

Kaart Fasiliteite​

Slegs by die
kroeg

Wanneer en Waar

Ons sien jou graag daar

Die Seremonie

Die Onthaal

Laaste Rondte

Deel jy in ons groot dag?

Ons wil jou graag daar hê!

Geskenke – Ons Trou Wense

Ons is so opgewonde om ons spesiale dag met jou te deel! Jou teenwoordigheid alleen is vir ons die grootste geskenk.

As jy egter voel jy wil ons verder bederf, ‘n klein bydraetjie in die vorm van ‘n geldjie sal ons baie help terwyl ons saam ons volgende hoofstuk bou. Dankie dat jy ons reis met soveel liefde ondersteun!

Bank Besonderhede:

Naam: G Prinsloo
Bank: Capitec
Rekening: Spaarrekening
Rekening Nommer: 1770520110
Takkode: 470010

Ons Herinneringe

Tot ons sê JA vir die res van ons lewe!

Ons Verwag Jou Daar!